Temba Travel

Cresta Lodge - Harare

Samora Machell Str, Harare, Zimbabwe

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BOOK NOW >>

Uitstekende hotel 3 km vanaf Harare, Zimbabwe, se SSK.
Boek online en bespaar ten minste 4%

Die Harare Cresta Lodge in Harare, Zimbabwe, is deel van die Cresta Hotelgroep. Harare Cresta Lodge is slegs 3 km vanaf Harare se sentrale sakekern af en is naby museums, die leeu- en jagluiperdpark en ander toeriste-besienswaardighede. Dit sorg dat Cresta Lodge in Harare, Zimbabwe, ideaal vir sakereisigers en toeriste is. Cresta Lodge bied ‘n “geselekteerde dienste”-konsep, dus betaal jy net vir die geriewe wat jy nodig het.

Cresta Lodge het bekostigbare vierster-verblyf in 175 lugversorgde en suite kamers. Daar is 75 enkelbedkamers en 100 dubbelkamers by Harare Cresta Lodge. ‘n Unieke eienskap van die hotel is dat 12 van hierdie kamers spesifiek vir vroulike sakereisigers ingerig is. Een kamer maak ook voorsiening vir gestremde gaste. Alle kamers is toegerus met satelliet-TV, tee-/koffie-stasies, telefoon met direkte lyn, haardroër, radio en skeerpunte. Babawiegies is ook beskikbaar, dus is Cresta Lodge ‘n gesinsvriendelike opsie. By hierdie hotel bly kinders jonger as 2 jaar gratis, kinders tussen 2 en 12 bly gratis en betaal slegs vir die helfte van hul maaltye, terwyl tieners tussen 12 en 18 jaar verniet bly, maar vir al hul etes betaal.

By Harare Cresta Lodge in die hoofstad van Zimbabwe, bedien Chatters Restaurant ‘n kontinentale en volle Engelse buffet-ontbyt, asook ‘n buffet en a la carte middagete en aandete. Daar is ook twee kroeë: die Continental-kroeg kan 50 gaste onthaal en bedien ligte ontbyte, ligte etes en kroegmiddagetes; en die Chatters Kroeg, wat 30 gaste kan huisves en tot laat saans oop is om die naguile te laat tuis voel.

Harare Cresta het ‘n klein konferensieraadsaal, insluited faks-, teleks- en sekretariële dienste vir sakemense wat ‘n sakevergadering in die gerief van die hotel wil hou. 

Cresta Lodge in Harare word omring deur pragtige tuine en die vonkelende swembad is ‘n ware oase op warm dae. Daar is ‘n wasgoed- en droogskoonmaakdiens vir sakemense wat altyd op hul beste wil lyk wanneer hulle by hierdie hotel tuisgaan. Jy kan waardevolle artikels in die toesluitkassies by die hotel bêre, en as jy dalk vergeet het om vir die mense tuis iets spesiaals te koop, kan jy gou by die geskenkwinkel inloer voor jy Harare in Zimbabwe verlaat.

Omdat Cresta Lodge so sentraal geleë is in Harare, Zimbabwe, is besienswaardighede soos die Nasionale Argief (wat dagboeke en verslae uit die pionierstydperk bevat), die Nasionale Botaniese Tuine (met meer as 900 boomspesies), die Mukuvisi Woud (met 277 hektaar woud wat bewaar word), die Nasionale Galery (met Shona-beeldwerk uit seepsteen) en die vlooimark by Mbare maklik om te bereik.

Cresta Lodge in Harare verskaf ook toeriste-inligting wat jou sal help om die volgende been van jou reis deur Zimbabwe te beplan. Indien jy vervoer van en na die lughawe benodig (wat slegs 14 km van die hotel af is), kan dit ook gereël word.